Alle pryse is in rand en sluit versiersel in. Ons bak op bestelling, daarom vra ons ten minste drie dae kennisgewing vir koeke en 'n week vir groter bestellings.
Sjokoladekoek
23 CM · TWEE LAE
Ons gewildste sjokolade koek in twee lae. Kies tussen ons klassieke Caramel Treat-vulling, die weelderige Miljoenêrskoek met sjokoladestafies en sjokoladeballe, of ons ekstra klam sjokolade ring koek.
Ons bekende wortelkoek. Sagte, geurige wortelkoek met ’n ryk roomkaasversiersel tussen elke laag, met die hand gespuit en met goue suikerpêrels versier vir daardie perfekte afronding.
Die eienaar se gunstelling. ’n Lekker sagte rooi fluweelkoek met ’n ligte sjokoladegeur, tussen lae romerige versiersel. Kies tussen ons klassieke klapperversiersel of roomkaasversiersel.
Sagte, varsgebakte kolwyntjies – perfek vir enige geleentheid. Bestel per halfdosyn, met verskillende geure en variasies op aanvraag. Kies onder andere uit Rolo, rooifluweel, wortelkoek en sjokolade. Spesiale geure en versierings kan ook op aanvraag gereël word. Pryse wissel volgens geur en versiering.
’n Ware familiegunsteling – gebak volgens ’n kosbare resep wat deur die geslagte heen oorgedra is. Eenvoudig en vol van daardie lekker, nostalgiese smake.
Pryse kan verander soos bestanddeelkoste wissel. Vir groot bestellings, korporatiewe rekeninge of herhalende weeklikse aflewerings, kontak ons gerus vir 'n kwotasie.