Ons storie...
Die storie van jaBEST Bakkery het vroeër begin as wat jy jouself sal voorstel.
Groot dele van my vakansies is op die plaas deurgebring, tussen my ma en oumas se kombuise. Daar, waar resepte van een geslag na die volgende oorgedra is, het my liefde vir bak begin.
Wat as 'n geliefde tydverdryf begin het, het met die jare gegroei tot iets met 'n dieper betekenis: 'n manier om iets van myself, my familie en my plattelandse grootwordjare met ander te deel.
Die betekenis agter jaBEST: Die naam jaBEST is geïnspireer deur Jabes, wie se gebed in 1 Kronieke 4:10 opgeteken is. Vir my verteenwoordig dit 'n eenvoudige, maar diep begeerte: om hierdie onderneming met God se seën, leiding en hand te begin.
Ek hoop jaBEST sal meer wees as net 'n manier om my liefde vir bak te deel. Ek wil iets skep wat waarde bring — iets wat mense laat dink aan huis, warmte en liefde.
Ek bak met herinneringe aan plaasvakansies, familieresepte en kombuise waar daar altyd plek was vir nog 'n mens om aan te sit. Ek bak met die waardes wat ek daar geleer het: eenvoud, gasvryheid, harde werk en die vreugde om iets met jou eie hande te maak en met ander te deel.
Elke produk uit die jaBEST-kombuis dra 'n klein stukkie van hierdie storie saam:
- 'n Stukkie familie.
- 'n Stukkie tradisie.
- En baie geloof en liefde.
Want jaBEST is vir my meer as 'n bakkery.
Dit is 'n gebed wat begin vorm aanneem het, 'n liefde vir bak wat gegroei het, 'n familieverhaal wat voortleef — en 'n droom om iets van my kombuis met joune te deel.
Welkom by jaBEST Bakkery.
Meer oor pasgemaakte koeke